Pieter Smith

Trackimage Playbut Trackname Playbut Trackname
Blomme 04:01 Tools
Man Op Die Maan 00:00 Tools
Die Een 00:00 Tools
Die Land 03:24 Tools
Kimberley Se Spoke 03:17 Tools
Stukkie van der Merwe (with DJ Ossewa) 00:00 Tools
Voshaarnooi 00:00 Tools
Dawie die Kabouter 00:00 Tools
Transkaroo 00:00 Tools
Ek wil alles van jou weet 00:00 Tools
Erens 00:00 Tools
Rooikar 00:00 Tools
Onvergeetlike ses medley 00:00 Tools
Afrikaanse Keurspel 00:00 Tools
TV Keurspel 00:00 Tools
Agter Elke Man 00:00 Tools
T.V. Keurspel 00:00 Tools
Vat my saam 00:00 Tools
Die Goeie Oue Tyd 00:00 Tools
Oktober 00:00 Tools
FAK Medley 00:00 Tools
Was ek maar 'n digter 00:00 Tools
Die Goeie Ou Tyd 00:00 Tools
Vrolike Musikant Medley 00:00 Tools
Byeboerwa 00:00 Tools
Gat in die Grond 00:00 Tools
lewe met jou 00:00 Tools
waterbobbejaan 00:00 Tools
Onthou 00:00 Tools
Sprokie vir 'n stadskind 00:00 Tools
stukkie van der merwe 00:00 Tools
Schuster Medley 00:00 Tools
Waar Ek Mag Gaan 00:00 Tools
F.A.K. Keurspel 00:00 Tools
Wals Medley 00:00 Tools
Victoriabaai 00:00 Tools
Liza se Klavier 00:00 Tools
O Brandewyn Laat My Staan 00:00 Tools
Niemand Soos Jy 00:00 Tools
Dis Waarvoor Vriende Daar Is 00:00 Tools
TV Keurspel Medley 00:00 Tools
Stuur Groete aan Mannetjies Roux 00:00 Tools
Vir net 'n oomblik 00:00 Tools
Ruiter van Skimmelperdpan 00:00 Tools
  • 3,665
    plays
  • 669
    listners
  • 3665
    top track count

Pieter Johannes Jacobus Smith is 19 Augustus 1975 in Potchefstroom gebore en is die jongste van drie kinders, sus Margaret en broer Jaco. Hy het reeds op die vroeë ouderdom van vier sy voorliefde vir die kitaar ondek en vanaf sewejarige ouderdom professionele afrigting ontvang. In 1993 het Pieter sy skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Gimnasium, waar hy deel gevorm het van verskeie Rock Bands. Vandat Pieter agtien jaar oud is, tree hy professioneel op. Na skool het Pieter sy tersiêre opleiding in Musiek- en Musiekonderwys voltooi waarna hy as gekwalifiseerde onderwyser by die Laerskool Queenswood skool gegee het en betrokke was by kitaar-, koor- en revue afrigting. Steeds was Pieter se passie vir musiek onvervuld en het hy Woensdag- en Donderdagaande by verskeie kuierplekke in Hatfield Square vir 'n appel en 'n ei gesing. Dis ook daar waar Gert Spoelstra (Pieter se bestuurder) sy talent raakgesien en besluit het om dié talentvolle sanger aan die land bekend te stel. Pieter is een van 'n handjievol kunstenaars wat self sy lirieke skryf en toonset. Boonop is hy die vervaardiger van al vier sy CD's - wat iets verklap oor sy talent asook sy verbasend wye musiekkennis. In 2001 het Pieter se optredebesprekings in so 'n mate begin instroom, dat hy die onderwys vaarwel moes toeroep. Sy se eerste debuutalbum, Rooikar, sien die lig in 2002. Tyd vir terug kyk was daar nie. Vyf harde jare van bloed sweet later in die uiters mededingende Afrikaanse musiekindustrie, is Pieter Smith een van Suid-Afrika se top kunstenaars wat tot vyf optredes per week (oor die 200 optredes jaarliks) het. Pieter is in so 'n mate suksesvol, dat Steve Hofmeyr hom by geleentheid as die partytjiemaker van die dekade asook een van ons land se mees begaafde liedjieskrywers uitgewys het. Ander reken weer dis beter om eerder sáám met Pieter te werk as teen hom, siende dat hy met sy unieke optredestyl die Suid-Afrikaanse volk tot 'n hegte eenheid kan bind - iets wat nie in enige kunstenaar se broekspype sit nie. Praat jy met Pieter, kom jy gou agter waar dié veelsydige kunstenaar se hart lê - in Suid-Afrika, "die land waarin hy sy kinders wil groot maak sy kleinkinders wil hoor Afrikaans praat". Dit is die motivering waarom hy liedjies soos Die Land en Hier by jou Suid-Afrika geskryf het. Lirieke wat enige voornemende emigrant na introspeksie dwing. (Albei liedjies is vanaf sy album Die Een.) Voorwaar is kunstenaar wat hier is om te bly! Pieter tap nie net uit Afrikaanse musiek nie, maar met kreatiewe skeppings uit sy pen, ploeg hy op 'n besondere manier terug in die bedryf. Kopiëring van CD's is 'n skerp doring in Pieter se vlees. Soveel so dat hy gekopiërde eksemplare sal breek, sou hy dit onder oë kry. Vra jy Pieter daaroor uit, lug hy sy opinie prontuit. "Kunstenaars werk baie hard om 'n CD uit te bring en spandeer baie tyd en geld aan daaraan. Wanneer iemand dit kopiër, steel so 'n persoon die kunstenaar se produk en inkomste wat die gevolg het dat die musiekindustrie nie 'n bestaan kan maak nie. Dis niks anders as diefstal nie." In dieselfde asem rig Pieter 'n versoek aan alle musiekliefhebbers om die industrie te ondersteun deur oorspronklike CD's en verwante produkte te koop en nie kopië te laat maak of dit onwettig van webtuistes aflaai nie. (Besoek gerus www.musicfromemi.com en www.musica.co.za om musiek wettiglik te bekom.) HOOGTEPUNTE IN PIETER SE LOOPBAAN . Pres Thabo Mbeki nooi Pieter na Erfenisdagvieringe in September 2005 om die Afrikaanse gemeenskap van ons land te verteenwoordig. Kort nadat pres Mbeki sy toespraak gelewer het, het hy vir Pieter op die verhoog verwelkom en selfs van die bekende liedjies saam met Pieter gesing. . Pieter is in 2003, 2004 en 2005 met ATKV-toekennings vir sy positiewe bydrae tot Afrikaanse musiek vereer. . Sy naam verskyn op die kortlys vir 2006 se SAMA toekennings. . Hy tree by Skouspel! 2004 op. PIETER DIE BAANBREKER-KUNSTENAAR . Hy is die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat in 2003, met sy CD getiteld Man op die Maan, 'n Kopiereg Gekontroleerde CD in Suid-Afrika vrygestel het. Ander kunstenaars het daarna in Pieter se voetspore gevolg. . Pieter is die eerste Afrikaanse sanger wat in 2006 'n karaoke DVD, genaamd 'n Aand in Junie @ Firkin Pub, van sy vertonings uitreik. PIETER BY DIE HUIS As Pieter nie sy vriende by die huis onthaal nie, geniet hy dit om voor die TV te ontspan met 'n paar goeie DVD's en om tyd met sy honde Lucy (Schnauzer) en Murphy (Skotse Terriër) te spandeer. Verder is geskiedkundige boeke vir Pieter 'n groot trekpleister, veral omdat hy 'n groot passie vir geskiedenis koester. Hy geniet dit ook om te fliek en te gaan uiteet. Pieter is baie lief daarvoor om tyd agter die kospotte te spandeer en eksperimenteer graag met eksotiese smake en disse wat jou mond laat water. Van 'n skaap op die spit tot maalvleis uit sy pot - hy omskep dit in 'n heerlike feesmaal. 'n Gasheer wat geen moeite ontsien om elke kuiergas welkom en tuis te laat voel nie. Diepseevisvang is naas musiek sy grootste passie - hy probeer dit soveel moontlik in sy besige skedule inpas. Sy groot droom is om eendag 'n boot van sy eie te hê en hengelaars op diepseevisvang-ekspedisies te neem. Nie net doen hy dit vir ontspanning nie, dit inspireer hom ook om sy gedagtes op papier vas te lê. Liedjies soos Plettenbergbaai (vanaf die album Man op die Maan) en St Lucia (vanaf die album Die Een) verklap sy euforiese liefde vir die kus. PIETER OORSEE Pieter se aanhangerslys strek veel verder as dié van Suid-Afrika. Hy tree elke tweede maand in Londen op waar hy ook in 2005 tydens 'n geldinsamelingsprojek vir die Nelson Mandela Kinderfonds, 'n optrede gehad het. Vir elke verkoopte kaartjie, is 'n pond aan die wêreldbekende fonds afgestaan. Vir die afgelope drie jaar, tree Pieter saam van ons land se top kunstenaars by die jaarlikse Kanasiefees in Kanada op waar hy minstens drie weke spandeer. Dan was daar die Eurokasiefees wat in Holland (Amersfoort) gehou is, waar Pieter se naam ook op die kunstenaarslys verskyn het. Gehore in België en Holland is vir Pieter 'n groot uitdaging en mikpunt vir 2006. Hy glo dat daar 'n groot mark vir Afrikaanse musiek is en die moontlikheid dat Suid-Afrikaanse skeppings daardie gaping kan vul, is nie onmoontlik nie. 'n Kunstenaar wie se talent vir seker nie beperk is tot ons landsgrense nie. DIE OPTREDES As jy gedink het jy gaan met gevoude arms agteroor sit en 'n show bywoon, het jy 'n fout gemaak. Saamsing en vermaak uit die boonste rakke met asemrowende klank- en beligtingseffekte, is nader aan die waarheid van 'n tipiese Pieter Smith & live band-show. Energie- en aksiebelaaide konserte vir oud en jonk is deel van sy optredes. Vanaf Januarie 2006 het Pieter se shows 'n heel ander wending aangeneem wat die optredes nog meer interessant maak en vir 'n meer volledige klank sorg. Hy toer deesdae die land vol met sy orkes met Leon van Rensburg op baskitaar en Sean Kenselaar op dromme. Een van die hoogtepunte tydens die optredes is gewoonlik Pieter se kitaar solostukke waarmee hy die gehoor trakteer en telkemale luidkeels laat saamsing. Wanneer die lus gedurende 'n vertoning vir Pieter beetpak, sal hy soms die dromme met Sean deel - gewoonlik tydens so 'n sessie word daar nie onnodig stokkies gedraai tussen dié twee nie! Nog 'n hoendervleis-belewenis is wanneer Pieter en Leon mekaar die stryd aansê met die kitare tydens hul unieke kitaar duel - vervolmaakte kitaartegniek in die beste vorm denkbaar. Pieter Smith en sy band - beslis 'n trio om mee rekening te hou. DIE BAND SEAN KENSELAAR (Dromspeler) Sean Kenselaar is gebore in Pretoria en is tans in Johannesburg woonagtig. Op sestienjarige ouderdom het Sean in sy pa, wat ook 'n drommer in verskeie orkeste was, se voetspore gevolg. Hy het in die skoolorkes gespeel waarna hy die drommer in die army band was. Nadat hy sy militêre opleiding voltooi het, het hy musiek aan die Technikon Pretoria studeer en sy diploma in verwerf. Hierdie talentvolle drommer het die verhoog met groot name in die musiekindustrie gedeel onder andere Valiant Swart, Laurinda Hofmeyr en was op toer saam met die liedjie boer, Anton Goosen. Verder was daar optredes saam met Johnny Clegg en Lucky Dube. Nie net het Sean saam met plaaslike kunstenaars gewerk nie - daar was ook optredes waar hy skouer geskuur het met internasionale kunstenaars soos Sting en Midnight Oil. Wanneer Sean agter die dromme inskuif en met sy skitterende solo's begin, is 'n oorverdowende applous deurentyd hoorbaar. 'n Musikant wat in geen opsig vir enige internasionale drommer terug staan nie. LEON VAN RENSBURG (Baskitaarspeler) Leon van Rensburg is 'n gebore Vrystater en bevind homself tans in Pretoria, waarheen hy, sy vrou Lanie en hul tweejarige seun, Kyle, onlangs verhuis het. Hy het kitaar begin speel op negejarige ouderdom en het lesse by die bekende jazz baskitaarspeler Carlo Mombelli geneem. Leon is 'n veelsydige musikant wat net so gemaklik agter die dromstel is as met die kitaar om sy nek. Hy was 'n lid van verskeie coverbands, onder andere die Sun City Resident Band, voordat Dozi sy talent raakgesien en hom gevra het om as vryskutmusikant vir die orkes op te tree. Sy droom om eendag in 'n bekende band te speel, het eindelik vir Leon 'n realiteit geword. Oor sy vertonings saam met Pieter, reken Leon "dis baie lekker. Daar's 'n lekker vibe onder mekaar en ons kom baie goed oor die weg. Ons almal relate op 'n manier met mekaar." Dat die rustige Vrystaatse boer sy instrument bemeester, is nie altemit nie. UITGEREIKTE CD's: 2001: Alles wat gejaagd is 5 Oorspronklike skeppings Beperkte edisie en is slegs by optredes beskikbaar 2002: Rooikar (Fantasia Musiek) Status: Goud* 5 Oorspronklike skeppings Landwyd beskikbaar by musiekwinkels 2003: Man op die maan (EMI) Status: Goud* 7 Oorspronklike skeppings Landwyd beskikbaar by musiekwinkels 2004: Man op die maan (Kersuitgawe) EMI Landwyd beskikbaar en as spesiale dubbelverpakking vir Kersfees heruitgereik. 2005: Die Een (EMI) Status: Goud* 12 Oorspronklike skeppings Landwyd beskikbaar by musiekwinkels 2006: 'n Aand in Junie @ Firkin Pub DVD (Live Karaoke DVD) EMI Die eerste Afrikaanse sanger wat 'n Karaoke DVD van sy optrede by Firkin in Centurion, uitreik. Landwyd beskikbaar vanaf einde Maart 2006 by musiekwinkels *Goue satus: 25 000 + eenhede verkoop PIETER BY VERSKEIE KUNSTEFEESTE InnieBosfees (Nelspruit) Ukasiefees (Londen) Lambertsbaai Kreeffees (Lambertsbaai) Zulu's Bar (Londen) Aardklop (Potchefstroom) Kanasiefees (Kanada) Kuierfees oppie vlakte (Jeffreysbaai) Eurokasiefees (Holland) Reitz Mieliefees (Reitz) Rittelfees (Vredendal) Kierieklapperfees (Mokopane / Potgietersrus) KKNK (Oudtshoorn) Bosveldmusiekfees (Mokopane / Potgietersrus) Upington-kuierfees (Upington) Gariepfees (Kimberley) Bela-Bela Kunstefees (Warmbad) Vryburgfees (Vryburg) Lichtenburgfees (Lichtenburg) Paddadorsfees (Vrede) Windhoekfees (Namibië) PIETER OP DIE KASSIE DKNT Blonde Ambisie Belboks Dis Hoe Dit Is - met Steve Hofmeyr Kwêla JIP Casper Rasper-show Noot vir Noot Three Talk Gons Geraas Liriekeraai Ontbytsake Fiesta Gig-tyd by Firkin Wie is Wie Skouspel! 2004 Maak 'n las In die kryt met Joost en Amor Feestyd met Pieter Smith Yo TV (e-TV) Skouspel! 2006 LIEDJIES UIT PIETER SE PEN Vat my saam Oktober Êrens Hier by jou Suid-Afrika Ek wil alles van jou weet* Blomme** Onthou Man op die maan Lewe met jou Plettenbergbaai Vir net 'n oomblik Ek onthou vir jou Ou kitaar Die land Waterbobbejaan Jy is Potchefstroom Kimberley se spoke Waar ek mag gaan Dis waarvoor vriende daar is 19 Iets N1 Blues St Lucia Sal ek daar wees Die Een * Geskryf deur M. Berger. Oorvertaal deur Lize Spoelstra. Aangepas en verwerk deur Pieter Smith. Read more on Last.fm. User-contributed text is available under the Creative Commons By-SA License; additional terms may apply.